DIE ATKV BIED ‘N VERKORTE LEIERSBERAAD AAN
Die ATKV-Jeuginstituut bied verskeie leierontwikkelingsprogramme, soos die Jeugberaad en Jeugleiersimposiums vir hoër- en laerskoolleerders aan. Op Saterdag, 29 Oktober 2011 hou die Jeuginstituut ’n verkorte Leiersberaad in die raadsaal van die ATKV-hoofkantoor. Adres: ATKV-gebou, Hoek van Doverstraat en Surreylaan 348, Randburg. Die beraad begin om 08:30 en sal teen 15:00 eindig.
Lees meer
- Opgesit deur adele op 23 September, 2011
Meeste skoolverlaters het na al die eksamens ’n blaaskans nodig! Ons dink dis ’n goeie plan om ná skool weg te breek en te besin oor die opwindende toekoms wat op jou wag. Die atkv bied jou ’n geleentheid om verskeie lewensvaardighede te ontwikkel, lewenslange vriendskappe te smee en op jou tyd jou grootste loopbaankeuses te maak. Die atkv-Postmatriekjaar is ’n tien maande lange wegbreekjaar aangebied op atkv-Oorde. Die Drakensberge dien as basis en tot soveel as vyf atkv-spogoorde, geleë in van die mooiste dele van ons land word deur die loop van die jaar besoek.
Lees meer …
- Opgesit deur adele op 18 Julie, 2011
Die lewe vereis soms dat mens by die diepkant moet inspring en dat jy meer as net jou kop bo water moet hou. By die ATKV-Jeugleiersimposium leer ons jou nie net swem nie, maar ook dat ander sal volg as jy eers vlieg.
Elke dag van die simposium word gevul met ‘n verskeidenheid van lesings, aktiwiteite en gesprekke wat jong leiers bemagtig om hul leierskapsrolle suksesvol te vervul. Senior leiers van beide laerskole en hoërskole mag deur hulle skole ingeskryf word. Lees meer …
- Opgesit deur adele op 20 Oktober, 2010
Die akroniem POETS is sprekend van die dinge waaraan ons aandag gee tydens die Jeugberaad. Ons wil die jeug POETS, blink maak vir die toekoms, deur die volgende temas onder die loep te neem: Politiek, Onderwys, Ekonomie, Tegnologie en die Sosiaal-maatskaplike.
Wie mag dit bywoon?
Graad 11 hoëprofieldenkers. ʼn Beroep word op skole gedoen om leerders te identifiseer wat opinievormers is, leerders wat ʼn invloed kan uitoefen en wat die potensiaal het om ʼn verskil te maak. Leerders moet Afrikaans magtig wees. Lees meer …
- Opgesit deur adele op 20 Oktober, 2010