40 km vanaf George Groepe tot 1 800 Tel: +27(0)44 601-7200/19/20 Faks: +27(0)44 695-0770 epos: ATKV-Hartenbos
Hartenbos Strandoord is die ideale plek vir 'n heerlike woonwavakansie. Elkeen van die meer as 570 staanplekke is pragtig geleë en elke staanplek is toegerus met 'n 220 V/10 A-kragpunt. Volgens SAWA-woonwaklub is die gerieweblokke van die beste wat daar is.
As jy nie 'n woonwageesfriftige is nie, kan jy in een van ons pragtige 3-slaapkamerhuise of ruim rondawels bly. Elke eenheid is ten volle toegerus met alles wat jy nodig het.
Waar jy ook al bly, die uitsig is joune - gratis!
Die gerieflike supermark by die oord het alles wat jy nodig kan kry; van heerlike tuisgebakte brood, vars vrugte, groente en vleis, tot hengeltoerusting en geskenke.